Bloemfontein

Privaat brandweer

Waarom moet jy privaat brandweerdienste kies?


Ons bied ’n eerstereageerder- taktiese brandweerdiens aan.

Onmiddellike reaksie
60 sekonde-omkeertyd vanaf die eerste aanmelding tot en met die voertuig uitgestuur word

ISO 9001-standaarde
ISO 9001:2015-gehaltebeheerstelsel

Omkeertyd
60 sekonde-omkeertyd in die dag
90 sekonde-omkeertyd in die nag

Wat is die privaat brandweer?

Die staat versuim om ons gemeenskappe veilig te hou. AfriForum en Fire Ops SA maak gemeenskappe veiliger deur privaat brandweerdienste te lewer.
AfriForum en Fire Ops SA vat hande om die gemeenskap in Bloemfontein te beskerm teen brandgevaar.

Hoe vinniger ’n brand onder beheer gebring kan word, hoe minder skade is daar.
Laat AfriForum en Fire Ops jou bates en onderneming beskerm. Sluit aan by AfriForum.

Brande kan ’n verwoestende impak op ’n huiseienaar of sake-eienaar hê, met ernstige ekonomiese skade waarvan dit lank kan neem om te herstel. AfriForum en Fire Ops SA gaan fokus op die volgende:

  • struktuurbrande (soos ’n brand by jou huis of onderneming)
  • veldbrande

Ons lewer ’n diens vir die Bloemfontein-omgewing.

Hierdie privaat brandweerdiens dien as ’n ledevoordeel vir AfriForum-lede in Bloemfontein.

NOODNOMMER: 081 359 9949

Sluit aan

Jy kan hier registreer om aansoek te doen vir AfriForum se privaat brandweerdiens.

Hoe werk die brandweerdiens?

Kortom bied hierdie diens die volgende voordele aan AfriForum se Bloemfontein-lede:

Geen aansluitingsfooi: AfriForum-lede word, anders as privaat FireOps SA-kliënte wat ’n aansluitingsfooi moet betaal, gratis aangesluit by AfriForum se privaat brandweerdiens in Bloemfontein.

Diens betaalbaar deur versekering: Indien AfriForum se brandweer uitgeroep word om ’n brand te blus, sal die lid ’n rekening ontvang wat aan sy/haar versekering deurgegee kan word vir betaling.

Laer tarief vir AfriForum-lede: Die diens word teen ’n laer tarief aan AfriForum gebied as aan privaat FireOps SA-kliënte.

Gemoedsrus: Die gebruik van AfriForum se brandweerdiens bied aan lede die gemoedsrus dat opgeleide brandweerpersoneel in ’n noodsituasie beskikbaar sal wees om vinnig op te tree.

Versekeringskorting: Talle versekeraars bied korting op die versekeringspremie van kliënte wat aan ’n privaat brandweerdiens behoort.

Kontak ons

Noodnommer
081 359 9949

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.